Omtrent Meyer & Kie

 

 

 

 

 

Meyer & Kie Eiendomsmakelaar.

 

Meyer & Kie eiendomsagentskap is in 1936 gestig deur Marthinus Wessel Pretorius Meyer wat gepraktiseer het as ‘n prokureur en oor beweeg het na eiendomme toe. Ons eerste kantore was geleë te Kerkstraat 122 (Walter Sisulustraat) waarna die besigheid later van jare geskuif het na Kerkstraat 153 (Walter Sisulustraat), beter bekend vandag as die Meyer Gebou wat geleë is in die wandellaan en ‘n baken in Potchefstroom was. Wessel Meyer sal ook later van jare een van die stigterslede van die Potchefstroomse Afrikaanse Sakekamer word. Meyer & Kie is moontlik die oudste eiendomsagentskap in Potchefstroom wat nog handel dryf en ons vier hierdie jaar ons 84ste bestaansjaar.

 

Theo Walter van Niekerk sluit in 1980 aan by die firma en teen 1983 neem hy oor as direkteur en prinsipaal van Meyer & Kie nadat hy sy graad verwerf het as ‘n bedryfsrekenmeester. Die kantoor het in 1989 geskuif na die Quintron gebou in Autolaan en in 2003, en vir die laaste keer, getrek na Le Rouxstraat 10 toe, in ons eie gebou in.

 

Meyer & Kie is reeds in sy derde geslag, waar Walter Heinrich Meyer van Niekerk, aansluit by die firma in 2008 as ‘n deeltydse administratiewe klerk. Nadat Walter sy diploma in Internasionale Handel verwerf het, begin hy sy loopbaan in bankwese, waarna hy in 2014 as ‘n voltydse kandidaat eiendomsagent aangestel word by Meyer & Kie Eiendomsagentskap en nogsteeds betrokke is by die firma.