Prag Grasdak Huis te Koop

Grasdak huis geleë in Potchefstroom sentraal. Die woning beskik oor 3 slaapkamers, 2 1/2 badkamers met ‘n linnekamer en die hoofslaapkamer is toegerus met ‘n lugversorger. ‘n formele sitkamer en ‘n groot oopplan eet- en woonkamer wat beskik oor ‘n ingeboude kroeg. Buite ‘n swembad met ‘n grasdak lapa en ‘n gerieflike tuin, ‘n buitekamer met ‘n bad, wasbak en toilet asook ‘n dubbel elekrtriese motorhuis. Die woning beskik ook oor ‘n alarmsisteem.

Huis te Koop Potchefstroom sentraal

‘n Winskoop gesinshuis beskikbaar in Potchefstroom sentraal. Die woning beskik oor 3 slaapkamers, 2 1/2 badkamers, ‘n groot sit- en eetkamer en ‘n sentrale kombuis met ‘n groot opwas area. Daar ‘n “bachelor flat” met enkel geriewe en ‘n klein kombuisie agter die woning is . Die woning beskik oor ‘n groot gevestigde tuin met besproeiing asook ‘n toegeruste boorgat. Verder het die eiendom ‘n werkswinkel, ‘n swembad wat in ‘n werkende kondisie is en ‘n afdak vir  4 voertuie.