Huis te Koop

Groot luukse grasdak huis beskikbaar, geleĆ« te Mooivalleipark. Die eiendom beskik oor ‘n groot gevestigde tuin met groot bome, 2 addisionele woonstelle waarvan een ‘n 1 slaapkamer is en die ander ‘n 2 slaapkamer en beide het ‘n kombuisie. Die huis het ook 4 motorhuise sowel as ‘n kragopwekker. Die huis is ‘n 3 slaapkamer waarvan die hoofslaapkamer baie ruim is met ‘n spa bad in die badkamer en voldoende ingeboude kaste. Die leef areas is baie ruim met skuifdeure wat oop maak op die tuin.